Minder as ‘n maand se graanvoorraad na ontploffing in Beirut

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 100 mense is tot dusver dood in die reuse-ontploffing wat gister in Beirut plaasgevind het. Duisende mense is beseer en verwoesting is regoor dié Libanese hoofstad gesaai.

Libanon se hoof graansilo is in die ontploffing vernietig, wat beteken dié nasie het minder as ‘n maand se graanvoorraad oor. Daar is egter genoeg meel om ‘n krisis te voorkom, het die ekonomie-minister Woensdag gesê.

Dit is nog nie vasgestel wat presies die ontploffing veroorsaak het nie.

Michel Aoun, die president, het Woensdag aangedui ‘n noodtoestand van twee weke moet aangekondig word.

Hassan Diab, Libanon se premier, het gesê hy sal nie stilsit tot diegene wat vir die ontploffing verantwoordelik was, gevang word nie. Hy het ook’ n nasionale dag van rou aangekondig.

Die ontploffing het glo 3,5 op die Richerskaal gemeet.

Bron: Reuters, CNN