Twee vroue vir veediefstal in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

HARTSWATER – Die polisie op Hartswater ondersoek tans ‘n saak van veediefstal na twee vroulike verdagtes in hegtenis geneem is.

Die Kimberley-polisie het inligting opgevolg oor vermoedelik gesteelde vee by Camelford.

Camelford is deursoek en die polisie het vars stukke gesnyde stukke vleis, slaggereedskap en bloedbevlekte messe gevind.

Die twee verdagtes wat op die toneel was, kon geen verduideliking gee van waar hulle die vleis gekry het nie. Hulle is dus in hegtenis geneem en sal binnekort in die Hartswater-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.