Meisie (11) praat na nege maande oor verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – ’n Man (25) is gister in die Upington-streekshof tot 18 jaar tronkstraf vir die verkragting van sy 11-jarige sussie in November 2017 gevonnis.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die skuldige het sy sussie op 29 November 2017 in hulle huis verkrag en haar met die dood gedreig sou sy enigiemand vertel.

Die slagoffer het in Augustus 2018 die moed gekry om haar ma van die verkragting te vertel. Die saak is by die polisie gerapporteer en die verdagte is dieselfde dag nog in hegtenis geneem, sê Ramatseba.

Borgtog is suksesvol teëgestaan en die skuldige het vir die res van sy verhoor in aanhouding gebly.

Hy is gister tot 18 jaar tronkstraf gevonnis en hy is onbevoegd vir die besit van ’n vuurwapen verklaar. Sy naam word volgens Ramatseba by die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders gevoeg.