Voëlklip-tragedie: Ondersoek nog nie afgehandel

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie se ondersoek na die dood van Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6), is nog nie afgehandel nie.

Hulle het op Dinsdag 22 Oktober 2019 verdwyn na wat bedoel was om ’n vinnige besoek aan Heroldsbaai-strand te wees. Heidi se man, Ettienne Scheepers, het sy gesin as vermis aangemeld.

Die gesin se voertuig is dae later langs die rotse by Voëlklip gekry. Heidi en Hugo se liggame is in die see gevind, maar Cozette se liggaam is nooit gevind nie. Volgens die nadoodse ondersoek het hulle verdrink.

Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandel nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.