Reuse-ontploffing eis minstens 10 lewens

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Reuse-ontploffing het vandag in Beirut, ‘n Libanese stad, plaasgevind.

Volgens Sky News was die ontploffing in die stad se hawe-area.

Amptenare het bevestig minstens 10 mense is dood toe die ontploffing plaasgevind het, berig Sky News.

Reuters berig ‘n ooggetuie het gesê sy het grys rook naby die hawe-area gesien net voor sy die ontploffing gehoor het. “Al die omliggende areas se vensters is stukkend en gewonde mense loop oral rond. Dis chaos,” sê die ooggetuie.

Klik hier vir meer inligting.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1076621912752834/