Reuse-ontploffing: Mensgemaak of ‘n ongeluk?

Deel hierdie storie / Share this story

Die reuse-ontploffing wat Dinsdag in Beirut plaasgevind het, het minstens 10 lewens geëis en talle beseer.

Vensters het gebreek en balkonne het weens die impak van die ontploffing inmekaargesak, sê getuies. Video-opnames van die ontploffing is wyd op sosiale media versprei.

NNA, Lebanon se staats-nuusagentskap, het gesê die ontploffing het by die hawe-area plaasgevind. Store waarin plofstowwe gestoor was, was die rede vir die ontploffing.

“Ek het ‘n vuurbal en rook bokant Beirut gesien. Mense het gebloei, geskree en rondgehardloop. Balkonne het van geboue af geskiet. Glas van hoë geboue het gebreek en in die pad geval,” vertel ‘n ooggetuie.

‘n Plaaslike uitsaaier het gesê ‘n groot aantal mense het seergekry en daar is geweldig baie skade.

Farhan Haq, UN-woordvoerder, het vir verslaggewers gesê daar is nog nie eenhonderd persent duidelikheid oor wat gebeur het en of dit ‘n ongeluk of ‘n mensgemaakte ontploffing was nie.

Bron: Reuters