Polisieminister maak misdaadstatistieke bekend

Die jaarlikse misdaadstatistieke is vanoggend deur Bheki Cele, minister van polisie, bekendgemaak.

Cele het die nasie vir die derde keer sedert 2018 oor misdaad toegespreek.

Hy sê die land is nog nie waar hy veronderstel is om te wees nie. KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Gauteng is die provinsies waarin die meeste verkragtings en moorde aangemeld is. KZN is die provinsie waar die meeste moorde aangeteken is.

Cele het ook verder gesê alhoewel skole en baie besighede tydens die Covid-19-pandemie hulle deure moes toemaak, het misdadigers steeds met misdaad voortgegaan. Hy het sy medelye met die familie van die gesin wat op Hartswater vermoor is, uitgespreek.

Lt. genl. Norman Sekhukhune, hoof van die polisie se misdaadnavorsing en statistieke, het die volgende statistieke bekendgemaak:

Moorde: Daar is in die afgelope boekjaar 313 meer moorde as in die vorige boekjaar aangemeld. 21 325

Plaasmoorde: Daar het 49 plaasmoorde in die afgelope boekjaar plaasgevind.

Veediefstal: Daar is 1 254 minder veediefstalsake aangemeld.

Seksuele oortredings: Daar was die afgelope boekjaar 837 meer seksuele oortredings as in die vorige boekjaar. 53 293

Verkragtings: Daar is 706 meer verkragtings aangemeld as in die vorige boekjaar. 42 289

Poging tot moord: Daar is 335 minder pogings tot moord aangemeld as in die vorige boekjaar. 18 635

Aanranding: Daar is 4 259 minder aanrandingsake gemaak as in die vorige boekjaar. 166 720

Kapings (motors): Daar is 2 136 meer kapings as in die vorige boekjaar aangemeld.

Kapings (vragmotors): Daar is 20 meer kapings van vragmotors aangemeld as in die vorige boekjaar. 1 202

Roof by huise: Daar is 1 301 minder roofsake wat by huise plaasgevind het as in die vorige boekjaar. 21 130

Inbrake by huise: Gevalle van inbrake by huise het met 14 906 verminder sedert die vorige boekjaar. 69 713

Roof by besighede: Daar is 660 meer gevalle aangemeld as in die vorige boekjaar. 20 621

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: