Nog een met vermoedelik gesteelde goedere betrap

KIMBERLEY – Scorp Security het weer ’n man betrap wat met vermoedelik gesteelde goedere rondgeloop het. Die mans is in die oggendure in Longstraat gesien afstap.

Mev. Doman het aan FiND iT bevestig sy het vanoggend gesien haar motorhuis se deur staan oop nadat sy ’n geraas buite gehoor het. “My hondjie was vanoggend baie onrustig. Ek het hom uitgevat buitentoe nadat ek ’n groot geraas gehoor het. Ek het gaan kyk en gesien my motorhuis se deurstaan oop. Ek het terug in die huis ingehardloop en vir Scorp Security, sowel as my bure oorkant die pad gebel.”

“Gelukkig het Scorp Security reeds die verdagte betrap en kon ek my goed terugkry.”

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê hulle is bekommerd oor die toename in diefstal. “Alhoewel die aandklokreël dit makliker maak om ongewenste mense uit areas te verwyder, is daar nogsteeds ’n paar wat ons ontduik.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: