Graad 1-juffrou weer gesond en binnekort weer in die klas

Deel hierdie storie / Share this story

Elisma Swanepoel, die gr. 1-juffrou wat ‘n rukkie gelede in die hospitaal opgeneem is, sterk tans by haar ouers se huis aan. Lees die vorige berig hier.

Kat Swanepoel, haar pa, sê sy is in afsondering in ‘n woonstel by hulle sodat hulle ‘n ogie oor haar kan hou. “Dit gaan aansienlik beter met haar. Sy raak soms nog ‘n bietjie naar of moeg en kry hoofpyn of keelseer, maar andersins het sy baie goed aangesterk,” vertel hy.

“Die twee dae wat sy in die hospitaal was, was beslis die verskil tussen haar herstel en nie herstel. Sy is op die regte tyd in die hospitaal opgeneem en die hospitaalpersoneel het presies gedoen wat nodig was.” Hy vertel hoe dankbaar hy en sy vrou is dat hulle dogter in sulke goeie hande was. “Die verpleegsters, dokter wat haar behandel het én die dokter wat haar verwys het, het uitstekende werk gedoen. Ons sal hulle ewig dankbaar wees.”

Kat sê Elisma sal hopelik in die loop van die komende naweek na haar eie plekkie terugkeer. “Sodra die dokter haar geclear het, sal sy weer by die skool wees.”