Pick ‘n Pay Rhodesdene toe weens moontlike Covid-19-geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Pick ‘n Pay Rhodesdene het vandag as voorsorgmaatreël toegemaak weens ‘n moontlike positiewe Covid-19-geval.

Heinrich Beets, bestuurder by Pick ‘n Pay, sê hulle beoog om môre weer die winkel se deure oop te maak.

Die winkel sal vandag ontsmet word.

Luidens ‘n kennisgewing op die deur van dié winkel, sal die winkel onmiddellik toemaak wanneer een van die werknemers positief toets vir die virus.

Die winkel sal ook deeglik deur gespesialiseerde skoonmaakdienste ontsmet word en diegene wat direk met die geïnfekteerde persone in kontak was, sal selfisoleer. Diegene wat nie in direkte kontak met die geïnfekteerde persoon was nie, sal geskandeer word.