Mandela-dag: KBY-polisie bring hul kant

Deel hierdie storie / Share this story

In die gees van Mandela-dag het polisielede in Kimberley besluit om hulle 67 minute by die karavaanparke in Beaconsfield en De Beers deur te bring.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die lede het van die minderbevoorregte families by die Greenside-plakkerskamp verras voor hulle die GAASCA-ouetehuis in Galeshewe besoek het.

Die meer as 60 inwoners by GAASCA het kospakkies van die polisie ontvang.

‘n Ander polisiegroep het 65 families van die bestanddele vir ‘n pot sop voorsien en die jongklomp met partytjiesakkies en lemoene bederf.