Twee vir dwelms ter waarde van R1,4 miljoen in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GARIES – Die polisie in die Namakwa-distrik het vanoggend twee verdagtes op aanklag van die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Brigadier Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die twee manlike verdagtes is vanoggend om 04:00 by ‘n padblokkade op die N7 naby Garies voorgekeer. “Die verdagtes was glo besig om kosvoorraad en ander items vir ‘n welbekende supermark van Kaapstad na Springbok te vervoer.

Die vragmotor waarin hulle gereis het, is deursoek. Die polisie het volgens brig. Ramatseba 97,6 kg se dagga op die vragmotor gevind en gekonfiskeer.

Die verdagtes van onderskeidelik 45 en 46 jaar oud, verskyn Maandag 20 Julie in die Springbok-landdroshof.