KIMBERLEY – ‘n Brand het vanmiddag by ‘n huis op die hoek van Sinovich- en Marlenestraat in Carters Glen uitgebreek.
Die brandweer was vinnig op die toneel om die brand te blus. Kyk die video hier.
Thinus Pretorius, senior bestuurder by nooddienste, sê niemand is in die voorval beseer nie.
“Die vullis wat in die erf langs ‘n Wendy-huis gelê het, het aan die brand gesteek. Dit het die Wendy-huis laat vlamvat, wat toe die huis van buite af begin brand het. Daar is groot skade vir die eienaar, maar gelukkig is niemand beseer nie.”



