VERMIS: Ruujon Greeff (13)

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG – Die polisie op Postmasburg het ’n soektog na die 13-jarige Ruujon Greeff geloods na hy Woensdag by die polisiekantoor as vermis aangemeld is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê sy ma, Anneke Greeff, het gesê Ruujon is Woensdagmiddag om 16:00 laas gesien.

“Hy het ’n swartsak gepak en gesê hy gaan vir sy tannie in Groenwater kuier. Hy is deur twee boerboel-honde, ’n wit een en ’n bruin een, vergesel,” sê brig. Mohale Ramatseba.

Enigiemand met inligting oor waar Ruujon is of hom iewers gewaar het, skakel asseblief vir a.o. Nomvuyo Makaloi by 082 454 3547.

Die polisie doen verder ’n beroep op die gemeenskap om nie te lank te wag om iemand as vermis aan te meld nie.