JAN KEMPDORP – Die polisie op Jan Kempdorp het gister twee mans in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisielede het adresse besoek waar daar na bewering dwelms verkoop word.
“Toe die lede ‘n huis in Stasieweg deursoek het, het hulle op cat ter waarde van R35 100, tik ter waarde van R5 400 en R350 kontant afgekom,” sê brig. Ramatseba.
Twee verdagtes van onderskeidelik 22 en 28 jaar oud is in hegtenis geneem en van dwelmhandel aangekla.
Die verdagtes verskyn binnekort in die landdroshof op Jan Kempdorp.




