POSTMASBURG – Die 13-jarige Ruujon Greeff wat Woensdag as vermis aangemeld is, is nou veilig en by die huis. Lees die vorige berig hier.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die seun in Groenwater opgespoor. Hy is nou by sy ma en sal mediese sorg ontvang.
Lt.kol. Andries Witbooi, stasiebevelvoerder op Postmasburg, het die gemeenskap bedank wat bygedra het tot die seun se hereniging met sy familie.



