KWAZULU-NATAL – ’n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in hegtenis geneem nadat hy glo twee lede van die publiek in Pongola doodgeskiet het terwyl hy van diens af was.
Die weermaglid het glo stry gekry met die twee by ’n vriendin van hom se huis.
Kapt. Jaco Theunissen, woordvoerder van die weermag, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van moord. Die weermaglid is nog in aanhouding.



