Busbestuurder verongeluk glo bus opsetlik, 21 dood

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – ’n Busbestuurder hier het glo opsetlik ‘n bus in ‘n reservoir in China geploeg nadat hy uitgevind het sy huis is gesloop. Altesaam 21 mense is dood en 15 is in die voorval beseer, berig CNN.

Luidens die berig het die bus oor vyf bane geswaai, deur die reling geploeg en gedeeltelik gesink.

Die bestuurder se gehuurde huis is vroeër gesloop. Na bewering het hy die oggend ’n sterk bottel drank gekoop en dit in ’n plasiekbottel gegooi. ’n Plastiekbottel met van die drank is op die toneel gekry.

Hy het ook glo sy skof met ’n ander bestuurder uitgeruil sodat hy vroeër aan diens was.

Sy huis is as deel van ’n nuwe ontwikkeling-projek gesloop en hy is vergoeding daarvoor aangebied, maar dit nie aanvaar nie. Lees die volledige berig op CNN hier.