Fase 2-beurtkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het gister in ’n verklaring gesê ten spyte van die eenhede wat by verskeie kragstasies weer in bedryf gestel is, sal daar vandag weer beurtkrag geïmplementeer word.

Die fase 2-beurtkrag sal van 09:00 tot 22:00 in werking gestel word.

Rede waarom daar weer beurtkrag is

Die kragvoorsiener het verder gesê die rede waarom beurtkrag steeds geïmplementeer moet word, is die eenhede by die Kriel- en Medupi-kragstasies wat nog ingestel moet word.

Eskom vra Suid-Afrikaners ook om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

https://www.facebook.com/652838731409541/posts/3838510626175653/