Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die koronasyfer in Suid-Afrika het oornag met meer as 8 000 gevalle gestyg. Daar is nou ’n totaal van 224 665 positiewe gevalle in Suid-Afrika.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in ’n verslag bekendgemaak die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die minste aantal persone wat positief vir die virus getoets het. Die Noord-Kaap het 974 gevalle. Die Wes-Kaap is die provinsie met die meeste aantal gevalle. Daar is tans 73 292 positiewe gevalle van die virus in dié provinsie.

Volgens die verslag van die WGO is die ouderdomsgroep tussen 25 en 39 jaar oud die groep wat die meeste deur die virus geaffekteer word.

Daar is nou ’n totaal van 3 600 sterftes en 106 842 persone is al van die virus genees.