KIMBERLEY – Nóg ’n vermeende daggahandelaar is gister 8 Julie in Galeshewe in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die vroulike verdagte se huis is ondersoek na polisielede ’n wenk oor daggahandel in Mtshazastraat opgevolg het.
“Die polisie het 2,85 kg dagga en los dagga ter waarde van R6 500 op die perseel gekry en gekonfiskeer. Die 31-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag van handel in dagga.”
Die verdagte verskyn binnekort in die Galeshewe-landdroshof.



