KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley het ‘n bus wat na Kaapstad op pad was, voorgekeer, deursoek en R200 000 se Khat gekonfiskeer.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op ‘n wenk van ‘n bus wat deur Kimberley vanaf Gauteng na Kaapstad op pad was en die Khat vervoer het, gereageer.
Hy sê die bus is in Kimberley deursoek en die polisie het Khat ter waarde van R200 000 in die bus gevind.
Geen pasassier kon volgens Ramatseba met die dwelms verbind word nie.




