December 2, 2020

Agt verdagtes vir bedrog en korrupsie in hegtenis

KIMBERLEY – Die Valke het vanoggend agt verdagtes tussen die ouderdomme van 29 en 64 in hulle besighede in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die ondersoek wat tussen 2013 en 2014 begin is, is volgens Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, verbind aan die Kimberley-departement van gesondheid se konstruksietenders. Aantygings van onreëlmatighede het opgeduik en die Valke is gevra om dit te ondersoek.

Mnisi sê dit het aan die lig gekom sekere prosedures is nie gevolg toe kontrakte aan diensverskaffers gegee is nie.

Die kontrak was ter waarde van R494 900 00 en die diensverskaffers is R74 741 000 gevra.

Die verdagtes het vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *