BARKLY-WES – ‘n Man (20) is in hegtenis geneem op aanklag van die verkragting van ‘n 5-jarige meisie.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verkragting het na bewering by Mataleng op Barkly-Wes plaasgevind.
Hy sê verder die slagoffer het ten tye van die verkragting by haar ouma gebly terwyl haar ouers net buite Barkley gewerk het.
“Wat met die kind gebeur het, het op 1 Julie aan die lig gekom en die polisie is in kennis gestel,” sê Ramatseba.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn en volgens Ramatseba sal die verdagte se aansoek om borgtog geweier word.



