KIMBERLEY – Die drie verdagtes (29, 30 en 60) wat in verband met die verkragting van ‘n 7-jarige in hegtenis geneem is, verskyn môre 6 Julie in die landdroshof in Kimberley.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verkragtings het na bewering op Spring Acre, ‘n plaas net buite Kimberley, plaasgevind. Lees die vorige berig hier.
Ramatseba sê verder die verslae om vas te stel watter een van die drie verdagtes die meisie met seksuele oordraagbare siektes geïnfekteer het, word nog verwag.
Die ondersoek duur voort.



