Man Maandag in hof oor 1 074 kg se koperkabels

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley ondersoek tans ‘n saak van diefstal na ‘n man op 3 Julie in hegtenis geneem is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n wenk van die publiek opgevolg oor ‘n man wat by ‘n plaaslike skrootwerf koperkabels verkoop. Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem na hulle 1 074 kg koperkabels ter waarde van R98 000 gekonfiskeer het.

‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die kabels ‘n week gelede op Upington as gesteel aangemeld is.

Die verdagte verskyn Maandag 6 Julie in die landdroshof in Kimberley.