Sigaretsaak: FITA doen aansoek om appèl

Deel hierdie storie / Share this story

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA) het Vrydag aansoek gedoen om appèl teen die Pretoria-hooggeregshof se beslissing dat die sigaretverbod tydens die inperking sal bly.

FITA het verlede Vrydag die saak teen die regering om die verbod te lig, verloor. Die hof het beslis dat sigarette nie ‘n essensiële produk is net omrede dit verslawend is nie. Lees meer hier.

Regterpresident Dunstan Mlambo het in sy uitspraak gesê: ‘FITA se argument dat sigarette noodsaaklik is omdat dit verslawend is, het geen meriete nie. Die feit dat dit verslawend is, maak dit nie noodsaaklik nie.”