Man (50) gearresteer oor hy glo 14-jarige verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – ’n Verdagte (50) is in hegtenis geneem omdat hy na bewering ’n 14-jarige tydens ’n fotosessie by ‘n modelagentskap verkrag het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê verskeie speurders van Kaapstad se polisie-eenhede het by ’n modelagentskap in Kaapstad gaan ondersoek instel. Die beskuldigde is op aanklag van verkragting gearresteer.

Sers. Rwexana sê die 14-jarige het op 24 Junie vanjaar vir ’n fotosessie gegaan toe die verdagte haar na bewering verkrag het.

Die verdagte het na verwagting vandag in die streekshof in Kaapstad verskyn.