KIMBERLEY – Kimberley Christian School is tans gesluit weens Covid-19-gevalle.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê dit vorm deel van die 11 skole wat in die Noord-Kaap weens Covid-19-gevalle gesluit is.
“Ons moet beklemtoon dat dit individuele gevalle is wat aangemeld is, en ons werk saam met die departement van gesondheid om die kontakspore te bepaal. Sodra ’n positiewe saak aangemeld is, ontsmet die departement die skool onmiddellik. Ons sal verder bepaal of personeel of leerders by die betrokke skole psigososiale ondersteuning benodig en daarmee help.”
Hier is die skole wat geaffekteer is:
1. Primêre skool Carnavon
2. Hoërskool Enoch Mthetho
3. Primêre skool Ikhwezi Lokusa
4. Hoërskool Phillipstown
5. Primêre skool Zingisani
6. Primêre skool Beacon
7. Hoërskool Veritas
8. Kimberley Christian school
9. Hoërskool Duineveld
10. Primêre Skool Delta
11. Primêre Skool JJ Booysen



