Pynappel yskastert – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus hierdie maklike en vinnige resep vir heerlike pynappel yskastert.

Bestanddele:

1 blikkie Ideal-melk

1 pakkie pynappeljellie

1 blikkie fyn pynappels

1 pakkie Tennis-beskuitjies

Metode:

Maak ‘n kors van Tennis-beskuitjies onder in ‘n tertbak. Kook die jellie en Ideal-melk saam net tot die jellie opgelos het. Voeg die blik pynappel by en roer dit goed deur. Gooi die mengsel oor die beskuitjies en laat dit afkoel.