Polisie ondersteun jong slagoffers van geslagsgeweld

Foto: Verskaf

Verskeie eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskermings en seksuele misdade reik uit na minderjarige slagoffers van geslagsgeweld deur comfort-pakkies ter viering van Jeugmaand aan hulle uit te deel.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die stasiebevelvoerder van Postmasburg en sy span het drie seuns en twee meisies tussen die ouderdomme van sewe en tien se huise besoek.

Die polisielede het maskers en eetgoed aan die kindertjies oorhandig.

Die ouers van die slagoffers het kospakkies, geborg deur die Matla A Bana Foundation, ontvang.

Brig. Ramatseba sê die doel van die oefening was om ondersteuning te bied aan die gesinne en om hulle te laat verstaan hulle hoef nie alleen deur die moeilike tyd te gaan nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: