Eureka verkry toestemming vir vroeër heropening

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Laerskool Eureka het toestemming verkry om die graad 4- en graad 5-leerlinge reeds op 20 Julie na die skool te laat terugkeer.

Manie Verreyne, skoolhoof van Laerskool Eureka, sê dié vroeër heropening vir die grade sal bydra om die kurrikulum vir die grade betyds te kan voltooi.

“Verdere inligting ten opsigte van die reëlings oor die terugkeer, volg binnekort,” sê hy.

Hou FiND iT dop vir meer inligting.