KIMBERLEY – ’n Verdagte (37) is vandag hier in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en diefstal na ’n bekende supermark in Schmidsdriftstraat in Kimberley van R500 000 besteel is.
Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het as ’n kassier by die supermark gewerk en het na bewering tussen Maart en Junie vanjaar ’n totale bedrag van R500 000 by die supermark gesteel.
Die verdagte het glo goedere by verskeie geleenthede aan die supermark teruggegee en die geld daarvoor in sy eie sak gesteek, sé Mnisi. Die verdagte se opsigter het die transaksies goedgekeur en was onder die indruk die goedere is deur klante aan die winkel terugbesorg, sê Mnisi.
Die verdagte verskyn op 17 Julie in die Kimberley-landdroshof.



