Twee mans is vandag tot agt jaar tronkstraf elk gevonnis ná hulle skuldig bevind is in verkragtingsake wat in 2018 aanhangig gemaak is.
’n Vrou (50) is op 10 September 2018 in haar huis op Barkley-Wes deur ’n familievriend verkrag. Die 44-jarige John Gerald Saal is op 22 Junie aan die misdaad skuldig bevind en is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Die 24-jarige Francois Chobeng is ook tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n vrou (46) op Delportshoop in 2018. Chobeng was ’n vriend van die slagoffer se seun en het gemaak asof hy na haar vriend op soek is om die huis binne te kom.


