KIMBERLEY – ’n Man (25) is ongeveer 19:30 Sondag in Greenpoint in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê drie polisiebeamptes was aan diens toe hulle die klagte ontvang het. Hulle het flink en vinnig reageer en die verdagte, wat op sy perseel aan die slaap was, gearresteer.
Hy verskyn binnekort in die Kimberley-landdroshof en die ondersoek duur voort.



