’n Nuwe glimlag deur dr. Carlo Grebe

Janez Ruiters na haar "make-over" by Dentists @ Memorial.

Janez Ruiters het tweede gekom in die R80 000 se “make-over” deur Dentists @Memorial. Sy kon nie gló toe dr. Carlo Grebe, van Dentists @ Memorial, sê hy sal haar tande óók oordoen nie.

“Hy is amazing!” was Janez se woorde en nou nog te meer, dink sy dié dokter het haar lewe kom verander.

“Ek voel baie beter! Ek kou verskriklik lekker. My tong weet nog nie lekker waar om te lê nie. Dr. Grebe sê ek moet maar sing om gewoond te raak aan die plaatjies en ek voel om te sing.

“Eintlik voel ek half geskok. Dit voel nie soos my smile nie. As ek vir myself kyk, lyk dit soos iemand heel anders. Ek is baie happy oor dit. Dis ‘n goeie skok. Dis baie anders.”

Sy sê dr. Grebe is awesome. Hy laat my gemaklik voel. Ek wens mense meet my as haarkapper soos wat ek dr. Grebe meet. Hy is baie goed met wat hy doen. Dit was ‘n fantastiese ondervinding.”

“Ek is ‘n recovering tik addict wat die 5de Junie dié jaar nege jaar skoon is. Deur God se genade en ‘n ongelooflike ondersteunings netwerk wen ek my battle een dag op ‘n slag.

“My tande het my so gepla. Dit was geel en verbrokkel van al die dwelms wat jou kalsium steel. Ek het baie infeksie in my tandvleis gekry. Ek probeer al hoe lank spaar vir valstande, maar as mamma van twee wonderlike seuns, kom hulle altyd eerste.”

Die kompetisie is deur Vrouwees en Dentists @ Memorial geborg.

FiND iT doen later ‘n onderhoud met dr. Grebe oor wat hy alles vir Janez gedoen het. Die “groot reveal” van die wenner, Jean Viljoen, lê ook nog voor.

Kontak Dentists @ Memorial by 053 832 9551.

Hier is Janez se “before”:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: