‘n Polisiebeampte (37) het vanoggend omstreeks 01:00 in ‘n vermoedelike stryery met sy meisie (28) betrokke geraak toe sy doodgeskiet is. Die polisiebeampte het homself glo daarna probeer skiet, maar het oorleef en is in die hospitaal opgeneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die insident het in Lowryville plaasgevind. Die vrou is op die toneel dood verklaar en die sersant is onder polisiebeamptes se toesig in die hospitaal.
Die motief agter die skietery is nog nie vasgestel nie en die ondersoek duur voort.



