Vrou in hegtenis vir ma se moord

Deel hierdie storie / Share this story

KAREEVILLE – Die polisie op Kareeville net buite De Aar het ‘n vrou (31) in hegtenis geneem in verbintenis met haar ma se moord.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die insident vermoedelik gisteraand ongeveer 19:30 plaasgevind.

Die slagoffer is na die hospitaal gejaag om die nodige behandeling te ontvang, maar is ongelukkig vanoggend om 04:00 weens haar beserings oorlede.

Die verdagte verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof en die ondersoek duur voort.