Kby-polisiestasie toe na twee beamptes positief toets

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Kagisho-polisiestasie in Kimberley het gister toegemaak ná twee polisiebeamptes positief vir Covid-19 getoets het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die Kagisho-gemeenskap hoef hulle nie te bekommer oor dienslewering in dié area nie. ‘n Mobiele gemeenskapsdienssentrum is vanaf gister buite die polisiestasie in plek gestel om te verseker dienslewering vind steeds plaas.

Ramatseba sê die polisiestasie is vandag ontsmet en lede wat in noue kontak met die geïnfekteerdes was, is tans in isolasie. “Alle gesondheidsmaatreëls sal gevolg word,” sê hy.

Die stasie sal na verwagting môre 22 Junie heropen.