KIMBERLEY – ’n Blinde vrou (74) is op 16 Junie verkrag deur ’n verdagte nadat dié glo in ’n argument met sy meisie betrokke geraak het. Die meisie en haar suster is daarna aangerand, maar hulle het darem geslaag daarin om te vlug.
Die insident het volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, na bewering by die slagoffer se huis in Siyathemba plaasgevind.
Die polisie het ’n 72-uur plan in werking gestel en die verdagte, ’n 32-jarige man, is vanoggend 18 Junie naby Olifantshoek in hegtenis geneem.
Die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn en brig. Ramatseba sê sy aansoek om borg sal nie goedgekeur word nie.



