Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
1 k kakaopoeier
Metode:
Verhit die kondensmelk in ’n pot totdat daar borreltjies langs die kante vorm. Gooi die kondensmelk dan in ’n mengbak en sif die kakao by en hou twee eetlepels uit. Roer dit goed en as dit ’n taaier vorm aanneem, skep dit uit in ’n pan wat met die vorige kakao gesprinkel is. Plaas dit vir twee ure in die yskas. Wanneer jy dit uithaal, sny dit met ’n skerp mes in blokkies en strooi weer kakaopoeier oor.



