Nuwe verdagte en Maddie is dood, sê nuutste verwikkelinge

Deel hierdie storie / Share this story

Die ganse wêreld was geskok na die raaiselagtige verdwyning van die 3-jarige Madeleine McCann.

Kate en Gerry McCann, Maddie se ouers, het haar en haar tweelingsussies op 3 Mei 2007 in hul slaapkamer in Portugal, waar die gesin vakansie gehou het, gelos terwyl hulle by ’n eetplek was. Daar is by die woonstel ingebreek en sy is ontvoer.

Haar verdwyningsaak is die afgelope 13 jaar heropen en weer toegemaak, elke keer met nuwe inligting wat dan weer doodloop. Maddie se ouers het tot vandag toe nog nie hoop laat vaar nie en vertrou steeds dat Maddie nog leef.

Foto: Kate en Gerry McCann, Maddie se ouers

Duitse polisie het egter onlangs ’n nuwe verdagte, die veroordeelde kindermishandelaar Christian Brueckner, met Maddie se verdwying verbind.

Brueckner is reeds aan ses seksmisdade met kinders skuldig bevind en is nou ’n verdagte in meer as een verdwyningsaak.

Reuters berig die Duitse staatsaanklaer het die afgelope week gesê hy glo Maddie is dood en Brueckner is die vermeende moordenaar. Maddie se ouers was selfs in ‘n stadium verdagtes in die ondersoek.

Foto: Christian Brueckner, die nuwe hoofverdagte in Maddie McCann se verdwyningsaak

Klik hier om die verhaal te lees van ‘n ontvoerde seun wat na 32 jaar met sy ouers herenig is.