Nuutste Covid-19-syfers in die NK

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is gister nog 49 Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap bevestig.

Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, het gister aangekondig daar is nou 205 gevalle van die virus in dié provinsie. Twee van hierdie gevalle is egter verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegedig en sal binnekort na die korrekte provinsie geskuif word.

Gevalle volgens munisipaliteitsdistrik

Frances Baard-distrik
10 – Phokwane-munisipaliteit
17 – Sol Plaatje-munisipaliteit

Pixley ka Seme-distrik
01 – Emthanjeni-munisipaliteit
01 – Thembelihle-munisipaliteit
01 – Umsobomvu-munisipaliteit
09 – Renosterberg-munisipaliteit

ZF Mgcawu-distrik
03 – Dawid Kruiper-munisipaliteit
01 – Kgatelopele-munisipaliteit
01 – Tsantsabane-munisipaliteit
01 – Kai !Garb-munisipaliteit

Namakwa-distrik
03 – Hantam-munisipaliteit

John Taolo Gaetsewe-distrik
02 – Gasegonyana-munisipaliteit
02 – Gamagara-munisipaliteit

Uit hierdie 205 positiewe gevalle in die provinsie, is 52 persone al genees en twee oorlede. Twee gevalle sal binnekort na die korrekte provinsie geskuif word, wat die provinsie met 149 aktiewe gevalle laat.