“Kanker is ‘n woord wat ek leer háát het. ‘n Woord wat my bestaan en my geloof elke dag toets. Dis ‘n siekte wat jou leer dat jy en God en jou kind al is wat alles ervaar. Waar jou geloof die seer in jou hart moet stilmaak. Waar hoop die bitterheid in jou moet uitwis. Waar God en jou Bybel al is waarop jy kan staatmaak,” skryf Heidi van Staden op haar Facebook-blad.
Janus van Staden (14) is op 28 Maart vanjaar met breinkanker gediagnoseer. Die dokters kon 40% van die gewas op sy brein verwyder, maar dié veertienjarige was deur louter hel met dreineringspypies en shunts.
“Ek het tot op hede soveel mense wat ons in hulle gebede opgedra het en soveel mense wat donasies gemaak het. Dis vir my moeilik om wéér vir hulp te vra,” skryf Janus se ma, op haar Facebook-blad.
“Vir Janus om sy derde shunt op die 19de Junie te kry, moet ons voor dan R14 000 kan neersit. Ek kan nie nou vir Janus na ‘n ander dokter of hospitaal skuif nie. Enige donasies sal waardeer word,” skryf sy.
Enige donasies kan by die bankrekening inbetaal word:
Capitec Bank
Rekeningnommer: 1613567411








