Polisie steeds opsoek na verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie is steeds opsoek na twee verdagtes wat vermoedelik gister omstreeks 11:00 ‘n vrou van haar handsak uit haar motorvoertuig beroof het.

Die videomateriaal van die insident, wat by een van die inkopiesentrums in Rhodesdene gebeur het, is in FiND iT se besit.

Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, is geen van die twee verdagtes waarna die polisie in dié verband opsoek is, tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie is dus steeds opsoek na die verdagtes en doen ‘n beroep om Kimberliete om enige inligting by 082 495 4646 rapporteer.