Gepekelde avokado – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is Adele Horn se beproefde resep vir gepekelde avokado.

Food Lovers Recipes / Facebook

Bestanddele:

2 avokado’s (nie te ryp nie)
1 k wit asyn
1 k water
2 e pekelspeserye
1 t sout
2 e heuning

Metode:

Meng al die bestanddele en verhit. Prut saggies tot die sout opgelos is en heuning gesmelt het. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
Sny die avokado in blokkies of skyfies en pak versigtig in gesteriliseerde bottels. Gebruik jou inisiatief om te besluit waarmee jy dit wil geur. Roketblare, roosmaryntakkies, knoffelskyfies, rooirissie of gemengde bessies is heerlik. Plaas dit in die bottel saam met die avokado. Gooi die asynmengsel in en seël die bottel. Hou dit in die yskas.