Drie gevang na aanval op plaas

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Van Wyksvlei het drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van huisbraak en aanranding.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die drie verdagtes het na bewering ‘n 66-jarige vrou op 8 Junie op haar plaas aangeval. Sy is aangerand en van haar selfoon, sigarette, ‘n onbekende som geld en haar bakkie se sleutel beroof.

Die slagoffer het wonde aan haar kop en hand opgedoen.

Die polisie kon die drie verdagtes in hegtenis neem en hulle verskyn binnekort in die landdroshoof.

Die ondersoek duur voort.