Sakevertroue laagste in 45 jaar?

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika gaan tans gebuk onder ‘n ekonomie waar die sakevertroue die na die laagste vlak in die afgelope 45 jaar gedaal het.

Dit volgens ‘n peiling wat die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die Universiteit van Stellenbosch gedoen het. Die peiling is onder 1800 bestuurslei in die konstruksie-, vervaardiging- en handelsbedryf gedoen.

Die uitkoms van die peiling dui daarop dat ondernemings toenemend druk gaan ervaar op inkomste, terwyl swak aanvraag na goedere ‘n verlaagde omset sal meebring.

Jaco Mulder, VF Plus woordvoerder, sê dié swak vertroue kan slegs voor die regering se deur gelê word.

“Die afgradering van Suid-Afrika as beleggingbestemmimg na rommelstatus en die afdwing van irrasionele inperkingsregulasies deur die regering, het Suid-Afrika se ekonomie ‘n genadelose nekslag toegedien.”

Hy sê dit gaan onafwendbaar lei tot verdere werksverliese.

“Die verskillende vlakke van inperking het die ekonomie en handel so te sê tot stilstand gedwing en verbruikersvertroue geknou.”

Daarom eis Mulder dat die regering die “irrasionele inperkings onverwyld opskort” om die ekonomie se kans op herstel te bevorder.