Grey-kinders se ouers dreig met regsaksie

Deel hierdie storie / Share this story

Ouers van die Grey Kollege-leerlinge wat in kwarantyn geplaas is, dreig met ’n hofbevel indien die betrokke departemente nie teen 12:00 vandag op ’n prokureursbrief reageer nie.

Dié koshuisleerders is in ’n gastehuis naby die skool in kwarantyn geplaas na ’n matriekleerling Dinsdagoggend positief vir Covid-19 getoets het. Lees die berig hier.

Afriforum, wat namens die ouers van die 19 koshuisleerders optree, het in ’n brief aan die ministers van gesondheid, onderwys en Cogta daarop aangedring dat die leerlinge by die huis self-isoleer.