Taxi-man vas op dagga-klag

Deel hierdie storie / Share this story

VICTORIA-WES – Die polisie het gisteraand ‘n taxibestuurder by ‘n padblokkade by Drie Susters in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga.

Polisiebeamptes het die taxi deursoek en sê hulle het dagga ter waarde van ongeveer R35 000 gekonfiskeer.

Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof op Victoria-Wes.